Ezekiel 36:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal mense en dier op julle vermenigvuldig; en hulle sal vermeerder en vrug dra; en Ek sal julle vereffen volgens julle ou eiendomme en aan julle beter doen as aan julle begin; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 En nie net julle mense nie, maar ook julle kuddes sal toeneem en baie word. Ek sal mense bring om weer daar te woon. Ek maak julle selfs nog meer voorspoedig as vroeër. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 1933/1953 Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 Ek sal sorg dat daar baie mense en diere op julle is, en hulle sal vrugbaar wees en vermeerder. Ek laat mense op julle woon soos vroeër, dit sal met julle beter gaan as vroeër en julle sal besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal mense en vee op julle, berge van Israel, talryk maak; hulle sal vermeerder en vrugbaar wees. Ek sal sorg dat julle bewoon word soos in julle vroeëre tye, en aan julle goed doen, meer as aan die begin. Dan sal julle besef dat ek die Here is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die mense en die diere op julle baie laat word. Hulle sal baie word en vrugbaar wees. Ek sal mense op julle laat woon soos voorheen en Ek sal dit beter laat gaan met julle, beter as voorheen. Julle sal weet dat Ek die Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En nie net jou mense nie, maar ook jou skape en beeste sal baie word. Daar sal weer mense op jou bly, berge van Israel. Dit sal met jou beter gaan as ooit tevore. Dan sal jy weet dat Ek die Here is.