Ezekiel 36:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, dit alles, en die stede sal bewoon word en die puinhope sal gebou word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek vermeerder die bevolking van Israel, en die stede sal weer bewoon en die puinhope herbou word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; en die stede sal bewoon en die puinhope opgebou word. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal sorg dat daar baie mense op julle woon, die hele Israel. Die stede sal weer bewoon word, die puinhope herbou word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal mense op julle talryk maak – dit sal die hele huis van Israel wees, hulle almal. Die dorpe sal bewoon word, en die puinhope sal herbou word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal baie mense op julle laat woon, die hele volk Israel sal hier woon. Hulle sal die stede wat nou net hope klippe is, weer bou en hulle sal daar woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal Israel ’n groot en sterk volk maak. Die stede wat nou net bouvalle is, sal herbou word. Hulle sal vol mense wees. |