Ezekiel 35:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal jou 'n ewige verwoesting maak, en jou stede sal nie terugkeer nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek maak jou vir altyd verlate. Jou stede sal nie herbou word nie. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 1933/1953 Ewige wildernisse sal Ek jou maak, en jou stede sal nie bewoon word nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 Ek maak jou vir altyd 'n verlate land, jou stede sal nie weer bewoon word nie. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Ewige woesteny maak Ek jou; jou dorpe sal nie bewoon word nie, en julle sal besef dat Ek die Here is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal Edom 'n plek maak waar mense nooit weer sal kan woon nie, niemand sal in jou stede woon nie. Julle sal weet dat Ek die Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, Ek maak jou ’n woestyn, vir altyd. Niemand sal jou stede herbou nie. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.