Ezekiel 35:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal sy berge vul met sy gesneuweldes: in jou heuwels en in jou valleie en in al jou riviere sal die wat deur die swaard verslaan is, val.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou berge sal vol dooies lê. Jou heuwels, valleie en strome sal vol lyke lê van mense wat gesneuwel het.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal sy berge vol maak met die wat uit hom verslaan is; jou heuwels en jou dale en al jou klowe -- die wat verslaan is deur die swaard, sal daarin val.
Afrikaans 1983 Ek laat die lyke van sy mense sy berge vol lê; dié wat deur die swaard afgemaai is, sal val op jou heuwels, in jou valleie, in al jou klowe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal sy berge vol van sy gesneuweldes maak. Op jou heuwels, in jou valleie, in al jou stroombeddings – daar sal dié wat gesneuwel het deur die swaard, val.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dooie mense sal oral op die berge van die land Edom lê, die dooie mense sal die berge toemaak. Die mense wat in die oorlog gesterf het, sal op jou heuwels lê en in jou valleie en in al jou waterslote.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou berge sal vol lyke lê. Waar jy kyk, op die heuwels en in die valleie en langs die riviere, sal daar net lyke wees.