Ezekiel 35:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE, sal Ek jou vir bloed berei, en bloed sal jou agtervolg;
Afrikaans (NLV) 2011 So seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, ’n bloedbad wag op jou wat nie bang is om ander se bloed te vergiet nie. Dis nou jou beurt!
Afrikaans 1933/1953 daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek sal jou tot bloed maak, en bloed sal jou vervolg; omdat jy bloed nie gehaat het nie, sal bloed jou vervolg.
Afrikaans 1983 So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek laat jou bloed vloei; jou moorde sal jou inhaal. Omdat jy self nie geskroom het om bloed te laat vloei nie, sal die moorde jou inhaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “aan bloedskuld sal Ek jou beslis onderwerp, en bloedskuld sal jou agtervolg. Jy het nie 'n weersin gehad in bloedskuld nie, en bloedskuld sal jou agtervolg.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal jou vol bloed laat word, daar sal altyd bloed op jou wees, want jy het gehou daarvan om mense dood te maak. Daar sal altyd bloed op jou wees. Dit is seker, so seker soos Ek lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So seker as wat Ek leef,” sê die Here, die God van Esegiël, “Ek maak julle dood. Julle het nie geskrik vir die mense van Israel se bloed nie. Julle sal julle eie bloed sien spat. Dis nou julle beurt om doodgemaak te word!