Ezekiel 35:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat jy 'n ewige haat gehad het en die bloed van die kinders van Israel vergiet het deur die geweld van die swaard in die tyd van hulle rampspoed, in die tyd dat hulle ongeregtigheid geëindig het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy haat Israel nog altyd en jy het die mense van Israel uitgelewer toe die ramp oor hulle gekom het en hulle vir hulle sondes gestraf is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat jy 'n ewige vyandskap koester en die kinders van Israel in die mag van die swaard oorgelewer het in die tyd van hulle onheil, in die tyd van uiteindelike afrekening, |
| Afrikaans 1983 | “Jy was van ouds af 'n vyand van die Israeliete en jy het hulle aan die swaard uitgelewer die tyd toe die ramp hulle getref het en hulle vir hulle sonde gestraf is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat jy 'n ewigdurende vyandskap koester, en jy die Israeliete oorgelewer het aan die snykante van die swaard in die tyd van hulle teenspoed, in die tyd van finale straf, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal dit doen omdat jy altyd 'n vyand van die volk Israel was, van die begin af. Jy het gehelp dat hulle vyande hulle doodmaak daardie dag toe dit met hulle baie sleg gegaan het, daardie tyd toe Ek hulle die laaste maal gestraf het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want jy het nie opgehou om my volk, Israel, te haat nie. Toe hulle vyande hulle agtervolg het, het julle vir hulle gelê en wag. Julle het hulle voor die voet doodgemaak. Jy het dit gedoen aan hulpelose, desperate mense. Ek het my volk gestraf oor hulle slegte dade. En toe Ek klaar was daarmee, het jy aangehou om hulle dood te maak. |