Ezekiel 35:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos jy jou verheug het oor die erfdeel van die huis van Israel, omdat dit 'n wildernis was, so sal Ek met jou doen: jy sal 'n wildernis word, o berg Seïr, en die hele Iduméa, dit alles; en hulle sal weet dat Ek is die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy was mos bly toe Israel se erfdeel verlate gemaak is. Nou gaan Ek jou net so behandel! Jy sal verlate word, Seïrberg en almal wat in Edom leef. Dan sal jy besef dat Ek die Here is!”
Afrikaans 1933/1953 Soos jy vrolik was oor die erfdeel van die huis van Israel, omdat dit verwoes is, so sal Ek met jou maak: jy sal 'n wildernis word, o berg Se‹r en die hele Edom, almal saam. En hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 So het jy gejuig toe die besitting van Israel 'n onbewoonde land gemaak is. Ek gaan jou ook onbewoon maak. Die bergland van Seïr, die hele Edom, gaan 'n land sonder inwoners word. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos wat jy vreugde ervaar oor die erfgrond van die huis van Israel omdat dit verlate lê, só sal Ek met jou maak: Jy sal verlate lê, berg van Seïr, ja, die hele Edom. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy was ook bly toe die land van die volk Israel 'n plek geword het waar niemand kan woon nie. Ek sal dieselfde doen met jou. Die Seïr-berg, die hele land Edom, sal 'n plek word waar niemand kan woon nie. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het mos hande geklap, so bly was jy toe Israel se land verwoes is. Nou doen Ek presies dieselfde met jou. Niemand sal meer in jou land kan bly nie, want dit sal ’n woestyn word. Ek vee die mense wat op die Seïrberg bly en al die mense wat in Edom bly, van die aarde af. Daardie dag sal jy erken dat Ek die Here is.”