Ezekiel 35:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE HERE; Wanneer die hele aarde jubel, sal Ek jou 'n wildernis maak.
Afrikaans (NLV) 2011 “So sê die oppermagtige Here: Die hele wêreld sal bly wees wanneer Ek jou verlate maak.
Afrikaans 1933/1953 So sê die Here HERE: Tot vreugde van die hele aarde sal Ek jou 'n wildernis maak.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Die hele wêreld sal juig as Ek jou 'n onbewoonde land maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê my Heer, die Here: “Terwyl die hele aarde verheug is, maak Ek van jou 'n woesteny.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Edom, Ek sal jou 'n plek maak waar niemand kan woon nie. Wanneer Ek dit doen, dan sal die hele aarde bly wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sê die Here, Esegiël se God, nou vir jou: “Die hele wêreld sal hande klap en skree, so bly sal hulle wees as Ek jou platvee en jou ’n woestyn maak.