Ezekiel 35:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy sal weet dat Ek die HERE is, en dat Ek al jou lasteringe gehoor het wat jy teen die berge van Israel gespreek het deur te sê: Hulle is 'n wildernis, hulle is aan ons gegee om te verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal jy besef dat Ek, die Here, elke smalende woord gehoor het wat jy teen die berge van Israel gesê het. Jy het gesê: ‘Hulle is vernietig. Laat ons hulle verder verwoes!’
Afrikaans 1933/1953 En jy sal weet dat Ek, die HERE, al jou lasterlike woorde gehoor het wat jy teen die berge van Israel gespreek het deur te sê: Hulle lê woes, hulle is aan ons gegee tot spys.
Afrikaans 1983 en jy sal besef dat Ek die Here is. Ek het gehoor hoe smalend jy oor die berge van Israel gepraat het toe jy gesê het: ‘Hulle lê verlate, hulle is vir ons gegee om verder te ruïneer.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy sal besef dat Ek die Here is. Ek het al jou beledigings gehoor wat jy uitgespreek het teen die berge van Israel, deur te sê, ‘Hulle lê verlate – aan ons is hulle as voedsel gegee.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal weet dat Ek die Here is. Ek het gehoor toe jy die berge van Israel beledig het en gesê het: ‘Daar woon nou niemand nie, die Here het daardie berge vir ons gegee sodat ons hulle kan op-eet.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal jy agterkom dat Ek elke woord gehoor het wat jy gesê het. Jy het mos na die berge van Israel gekyk en gesê: ‘Hulle is platgevee. Kom ons gaan en verwoes die land verder!’