Ezekiel 35:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE HERE, sal Ek doen volgens jou toorn en volgens jou afguns wat jy uit jou haat teen hulle uitgeoefen het; en Ek sal My onder hulle bekend maak as Ek jou oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom, so seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, sal Ek jou met dieselfde woede en naywer behandel waarmee jy Israel behandel het. Jy sal My leer ken wanneer Ek jou oordeel. |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek sal handel volgens jou toorn en jou naywer waarmee jy uit jou haat teen hulle gehandel het; en Ek sal onder hulle bekend word as Ek jou oordeel. |
| Afrikaans 1983 | “So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek gaan met jou maak wat jy met Israel gemaak het in jou haat teen hulle, in jou woede en jou afguns. Ek sal hulle laat besef wie Ek is wanneer Ek jou straf, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “Ek sal optree in ooreenstemming met jou toorn en afguns waarmee jy uit haat teen hulle opgetree het. Ek sal Myself aan hulle bekend maak wanneer Ek jou oordeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sê die Here, Hy wat Here is: “Ek sal doen met jou soos jy met hulle gedoen het toe jy kwaad was en toe jy hulle lande vir jouself wou vat omdat jy hulle gehaat het. Hulle sal sien wie Ek is wanneer Ek jou straf. Dit is seker, so seker soos Ek lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “So seker as wat Ek leef,” sê die Here, die God van Esegiël, “luister mooi: Ek betaal jou met gelyke munt terug vir wat jy gedoen het. Jy het Israel gehaat. Jy het hom sleg behandel. Ek straf jou daarom vir die slegte dade wat jy gedoen het omdat jy kwaad was vir my volk. Die dag as Ek jou straf, sal jy weet wie Ek is. |