Ezekiel 35:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat jy gesê het: Hierdie twee nasies en hierdie twee lande sal myne wees, en ons sal dit in besit neem; terwyl die HERE daar was: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jy het gesê: ‘Israel en Juda se grond sal myne word. Ek vat dit vir my. Wat gee ek om dat die Here daar is?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat jy sê: Die twee nasies daar en die twee lande sal myne wees, en ons sal dit in besit neem -- terwyl tog die HERE daar gewees het -- |
| Afrikaans 1983 | “Jy het gesê: ‘Altwee volke en altwee lande is nou myne, ons gaan daardie land vat. Die Here is daar!’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat jy gesê het, ‘Die twee nasies en die twee lande behoort aan my, en ons gaan dit in besit neem,’ – alhoewel die Here daar was – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal dit doen omdat jy gesê het: ‘Daardie twee volke en die twee lande Israel en Juda sal nou myne wees, ons sal dit vir onsself vat.’ Maar Ek, die Here, was daar by hulle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle het mos gesê: ‘Israel en Juda is nou uit hulle lande verdryf. Hulle is gevangenes in ver lande. Hulle lande word nou ons eiendom. Wat maak dit saak dat die Here daar is? Ons steur ons nie aan Hom nie!’ |