Ezekiel 34:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So waar as Ek leef, spreek die HERE HERE, sekerlik omdat my skape 'n prooi geword het, en my skape vleis geword het vir al die diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders nie na my skape gesoek het nie, maar die herders het hulleself gevoed, en my skape nie laat wei nie;
Afrikaans (NLV) 2011 So seker as Ek leef, sê die oppermagtige Here, julle het die kudde verlaat en gelos sodat elke wilde dier hulle kon aanval. Julle was my herders, maar julle het nie my skape wat weggeraak het, gaan soek nie. Julle het vir julleself gesorg en nie vir die skape nie.
Afrikaans 1933/1953 So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat my skape 'n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie --
Afrikaans 1983 “My kleinvee is uitgelewer en het die prooi van enige wilde dier geword; hulle is sonder herder, sonder iemand wat na hulle soek; die herders het vir hulleself gesorg en nie vir my kleinvee nie. So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek sal die herders straf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “So seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here: “omdat my kleinvee buit geword het en my kleinvee voedsel is vir al die wilde diere, omdat daar by hulle geen herder was nie, omdat my herders nie vir my kleinvee gesorg het nie, en die herders net aan hulleself weiding verskaf en my kleinvee nie laat wei het nie”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal die herders straf. Dit is seker, so seker soos Ek lewe. Vyande het my skape en bokke vir hulleself gevat, wilde diere het my skape en bokke opgevreet, want daar was nie 'n herder nie. My herders het nie my skape en bokke gesoek nie. Die herders het net vir hulleself gesorg, hulle het nie gesorg vir my skape en bokke nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So seker as wat Ek leef,” sê die Here, die God van Esegiël, “julle het my trop skape gelos en nie vir hulle gesorg nie. Julle het nie omgegee as wilde diere my skape aanval en doodmaak nie. Julle het niks daaraan gedoen nie. Ek het julle aangestel as skaapwagters om my skape op te pas. Maar julle het nie eens die moeite gedoen om op te staan en te gaan soek as van my skape weggeraak het nie. Julle het net vir julleself gesorg. Julle het julleself trommeldik geëet, maar my skape het van die honger gevrek.”