Ezekiel 34:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle is verstrooi, omdat daar geen herder is nie, en hulle het voedsel geword vir al die diere van die veld toe hulle verstrooi is.
Afrikaans (NLV) 2011 My skape het verstrooid geraak sonder ’n herder. Hulle is maklike prooi vir enige wilde dier.
Afrikaans 1933/1953 So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.
Afrikaans 1983 Die kleinvee was sonder herder en het verstrooi geraak, en toe hulle verstrooi raak, word hulle 'n prooi vir roofdiere.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle is verstrooi, sonder 'n herder. Hulle het die prooi geword van al die wilde diere. Hulle is verstrooi;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vyande het hulle na al die kante toe gejaag, want daar was nie 'n herder nie. Vyande het hulle gejaag, hulle was oral, en die wilde diere het hulle opgevreet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom loop hierdie trop skape, my volk, alleen rond. Hulle het nie ’n skaapwagter wat hulle oppas nie. Wilde diere vang onder hulle, want hulle word nie beskerm nie.