Ezekiel 34:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die siekes het julle nie versterk nie, en wat siek was, het julle nie genees nie, en wat gebreek is, het julle nie saamgebind nie, en wat verdryf is, het julle nie teruggebring nie, en wat verlore was, het julle nie gesoek nie; maar met geweld en wreedheid het julle hulle regeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sorg nie vir die swakkes, dokter nie die siekes en verbind nie die wonde van die beseerdes nie. Julle bring nie dié terug wat weggedwaal het en soek nie dié wat weggeraak het nie. Julle het hard en wreed oor hulle regeer.
Afrikaans 1933/1953 julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.
Afrikaans 1983 Julle het nie die swakkes gehelp nie, julle het nie die siekes gedokter nie, julle het nie die wonde van dié wat seergekry het, versorg nie, julle het nie dié wat weggedwaal het, teruggebring nie, julle het nie dié wat weggeraak het, gesoek nie. Julle was harde en wrede regeerders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dié wat swak is, het julle nie laat sterk word nie, en die siekes het julle nie gesond gemaak nie; dié met gebreekte bene het julle nie verbind nie; dié wat verstrooi is, het julle nie teruggebring nie, en dié wat weggeraak het, het julle nie gesoek nie, maar met mag en geweld het julle oor hulle regeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het nie die swak skape en bokke gehelp om weer sterk te word nie, julle het nie die siek skape en bokke gedokter nie, julle het nie die skape en bokke wat seergekry het, se seerplekke toegedraai nie, julle het nie die skape en bokke wat verdwaal het, teruggebring nie, julle het nie die skape en bokke wat weggeraak het, gesoek nie. Nee, julle het hard en wreed oor hulle regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle gee nie om vir die swak skape nie. Julle sorg ook nie vir die siek diere nie. As ’n skaap ’n been breek, doen julle net mooi niks daaraan nie. Julle verbind nie die wonde en spalk die breuke nie. Julle gaan soek nie die skape wat wegdwaal van die trop en wegraak as dit donker word nie. Nee, julle behandel die trop skape sleg. Julle is wreed en maak hulle seer. Julle is mos sterker as die skape.