Ezekiel 34:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle, my skape, die skape van my weide, is mense, en Ek is julle God, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle is my kudde, die skape van my weiveld. Julle is my volk, en Ek is julle God, sê die oppermagtige Here.”
Afrikaans 1933/1953 En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 “Julle is my kleinvee, julle is die volk vir wie Ek sorg, en Ek is julle God,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Julle is my kleinvee, die kleinvee van my weiding. Julle is my mense, Ek is julle God.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ja, julle is my skape en bokke, julle is die skape en bokke op my weiveld. Julle is mense, en Ek is julle God.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle is my trop skape. Julle is die volk wat Ek vir Myself gekies het. Ek sorg vir julle. Julle is my volk, en Ek is julle God,” sê die Here, Esegiël se God.