Ezekiel 34:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle eet die vet, en beklee julle met die wol, julle maak die wat gevoed word, dood; maar julle wei nie die kleinvee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle drink die melk, gebruik die wol vir klere en slag die beste skape, maar sorg nie vir die skape nie.
Afrikaans 1933/1953 Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie;
Afrikaans 1983 Julle drink die melk, julle maak vir julle klere van die wol, julle slag die vetste kleinvee, maar julle sorg nie vir die kleinvee nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vet eet julle, en met die wol klee julle julleself; die vetstes slag julle, maar die kleinvee laat julle nie wei nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar julle eet die skape en bokke se vet vleis, julle maak vir julle klere van hulle wol, julle slag die vetste skape en bokke, maar julle sorg nie vir hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle drink die melk wat die diere vir julle gee. Julle dra klere wat geweef word van die wol wat hulle gee. En julle slag die beste skape om hulle vleis te eet. Maar julle gee nie eens vir hierdie diere kos nie! Hulle vrek van die honger.