Ezekiel 34:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal vir hulle 'n plant van naam verwek, en hulle sal nie meer verteer word van honger in die land nie en die skande van die nasies nie meer dra nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek maak hulle land bekend vir sy rekordoeste sodat my volk nooit weer honger sal wees of deur nasies bespot sal word nie.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal vir hulle plante van naam verwek, sodat hulle nie meer deur hongersnood in die land weggeruk sal word nie en die smaad van die nasies nie meer sal dra nie.
Afrikaans 1983 Ek gee hulle 'n land wat beroemd sal word vir sy vrugbaarheid; hulle sal nie weer deur hongersnood geteister word nie en hulle sal nie weer deur ander nasies verneder word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal vir hulle gewasse wat aangeprys word, laat opskiet. Hulle sal nie meer van honger beswyk in die land nie, en hulle sal nie meer die vernedering deur die nasies hoef te verduur nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal alles vrugbaar maak wat hulle plant. Almal sal dit sien. My volk sal nie meer honger wees nie, en die ander volke sal hulle nie meer beledig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hulle land sal bekend word oor die hele wêreld as die land wat meer as genoeg kos het. My volk sal nooit weer honger ly nie. Hulle sal nooit weer buig voor ander nasies nie, en niemand sal hulle gevange neem en weglei om in vreemde lande te gaan bly nie. Ander nasies sal nooit weer met my volk spot omdat dit so sleg gaan met hulle nie.