Ezekiel 34:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal nie meer 'n prooi vir die nasies wees nie, en die diere van die land sal hulle nie opeet nie; maar hulle sal veilig woon, en niemand sal hulle verskrik nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal nie ander volke se slagoffers wees nie, en wilde diere sal hulle nie meer aanval nie. Hulle sal in veiligheid woon, en niemand sal hulle bangmaak nie.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal nie meer 'n prooi vir die nasies wees nie, en die wilde diere van die land sal hulle nie opeet nie; maar hulle sal veilig woon sonder dat iemand hulle verskrik.
Afrikaans 1983 Hulle sal nie weer die buit van ander nasies word nie en nie meer deur roofdiere opgevreet word nie. Hulle sal veilig woon en vir niemand hoef bang te wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Hulle sal nie langer buit wees vir ander nasies nie, en die diere van die veld sal hulle nie opvreet nie. Hulle sal veilig wees, en niemand sal hulle opjaag nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ander volke sal nie meer kan kom en hulle wegvat nie, en wilde diere sal hulle nie meer kan opvreet nie. Hulle sal veilig woon en hulle sal nie meer bang wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ander nasies sal hulle nie meer aanval nie. En wilde diere sal hulle nie meer in hulle eie land aanval nie. Hulle sal veilig wees. Hulle sal nie meer vir enigiets bang wees nie.