Ezekiel 34:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die boom van die veld sal sy vrugte gee, en die aarde sal sy opbrings gee, en hulle sal veilig wees in hul land, en sal weet dat Ek die HERE is, wanneer Ek die bande van hulle juk verbreek en hulle red uit die hand van dié wat hulleself gedien het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vrugteboorde en landerye sal volop dra. Almal sal veilig wees. Wanneer Ek hulle uit die ballingskap verlos en hulle red van die mense wat hulle verslaaf het, sal hulle besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrings gee, en hulle sal veilig wees in hul land; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek hulle jukskeie stukkend breek en hulle red uit die hand van die wat hulle diensbaar gemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Die bome sal hulle vrugte lewer en die grond sy opbrengs, en my volk sal veilig wees in hulle land. Wanneer Ek die juk wat op hulle gedruk het, stukkend breek en hulle red uit die mag van dié wat slawe wou maak van hulle, sal hulle besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bome van die veld sal hulle vrug lewer, die grond sal sy opbrengs lewer, en hulle sal veilig wees op hulle grond. Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek die skeie van hulle juk breek en hulle red uit die hand van dié wat van hulle slawe gemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar sal vrugte aan die bome wees en daar sal baie koring wees wat die mense kan afsny. My volk sal veilig wees in hulle land. Hulle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek die jukke breek wat op hulle nekke is en wanneer Ek hulle red van die mense wat vir hulle slawe gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal elke jaar rekordoeste hê. Die vrugtebome se takke sal swaar hang van al die vrugte. En die landerye sal elke jaar ’n goeie oes gee. My volk sal veilig in hulle land woon. Hulle sal geen vyand hê wat hulle bedreig nie. Hulle sal nie meer gevangenes van ander nasies wees en in vreemde lande bly nie. Ek sal hulle daar gaan uithaal en terugbring na hulle eie land. Dan sal my volk weet dat Ek die Here is. |