Ezekiel 34:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal 'n verbond van vrede met hulle sluit en die bose diere uit die land laat verdwyn, en hulle sal veilig woon in die woestyn en in die bos slaap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek maak ’n ooreenkoms van vrede met hulle en dryf al die gevaarlike diere uit die land weg. Dan sal my volk veilig in die wildernis kan uitkamp en in die woude slaap sonder om bang te wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal 'n verbond van vrede met hulle sluit en die wilde diere uit die land laat verdwyn; en hulle sal veilig bly in die woestyn en slaap in die bosse. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal met hulle 'n verbond sluit wat vir hulle vrede sal bring. Ek sal die roofdiere uitroei uit die land sodat my kleinvee veilig kan wees in die weiveld en in die bosse kan slaap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ Ek sal met hulle 'n vredesverbond sluit en roofdiere uit die land verwyder. Hulle sal veilig woon in die woestyn en in die ruigtes slaap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Ek sal 'n verbond maak met hulle sodat hulle vrede kan hê, Ek sal die wilde diere in die land doodmaak sodat my skape en bokke veilig kan wees in die weiveld en sodat hulle tussen die bosse kan slaap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daardie dag maak Ek ’n ooreenkoms met my trop skape. Ek belowe dat Ek al die gevaarlike wilde diere uit die land sal wegjaag. My skape sal op enige plek kan loop. Hulle sal selfs oornag buite kan slaap sonder om bang te wees vir roofdiere. |