Ezekiel 34:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal een herder oor hulle aanstel, en hy sal hulle laat wei, my kneg Dawid; Hy sal hulle laat wei, en Hy sal hulle herder wees.
Afrikaans (NLV) 2011 En Ek stel een herder oor almal aan, my dienaar Dawid. Hy sal hulle versorg en hulle herder wees.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal een enkele herder oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei, naamlik my kneg Dawid; hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle 'n herder wees.
Afrikaans 1983 Ek gaan vir hulle net een herder aanstel, en hy sal vir hulle sorg: my dienaar Dawid. Hy sal vir hulle sorg, hy sal vir hulle 'n herder wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal een herder oor hulle aanstel, en hy sal hulle laat wei – my dienskneg Dawid. Dit is hy wat hulle sal laat wei; dit is hy wat vir hulle 'n herder sal wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek sal een herder kies en aanstel vir my volk, en hy sal vir hulle sorg. Ek sal my dienaar Dawid aanstel. Hy sal vir hulle sorg, hy sal hulle herder wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek stel self ’n skaapwagter oor my skape aan. Hy sal so ’n goeie leier wees soos koning Dawid. Hy sal sorg dat my skape op presies die regte tyd kos kry. Hy sal ’n goeie skaapwagter vir my skape wees.