Ezekiel 34:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal Ek my skape red, en hulle sal nie meer 'n prooi word nie; en Ek sal oordeel tussen beeste en beeste.
Afrikaans (NLV) 2011 Nou red Ek my kudde, en hulle sal nie langer geplunder word nie. Ek oordeel tussen skape.
Afrikaans 1933/1953 daarom sal Ek my skape red, sodat hulle nie meer 'n prooi sal wees nie; en Ek sal oordeel tussen skape en skape.
Afrikaans 1983 Maar Ek gaan my kleinvee red. Hulle sal nie meer uitgelewer wees as buit nie. Ek gaan regverdig oordeel tussen skaap en skaap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal Ek my kleinvee te hulp kom, sodat hulle nie meer buit sal wees nie. Ek sal oordeel tussen skaap en skaap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal my skape en bokke red. Niemand sal hulle kan vat nie. Ek sal oordeel tussen die verskillende skape en bokke.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom gaan Ek my trop skape red. My skape sal nie langer sleg behandel word nie. Niemand sal hulle meer doodmaak nie. Want Ek sal sorg dat reg gedoen word tussen een skaap en ’n ander.