Ezekiel 34:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat julle met die sy en met die skouer gestamp en al die siekes met julle horings gestamp het totdat julle hulle verstrooi het;
Afrikaans (NLV) 2011 Met julle skouers en horings stoot julle vet skape my swak skape weg totdat julle hulle ver weggejaag het.
Afrikaans 1933/1953 Omdat julle al die swakkes met skof en skouer wegdruk en met julle horings stoot, totdat julle hulle uitgejaag het,
Afrikaans 1983 Julle het die swakkes met julle lywe en skouers weggestoot en hulle met julle horings gestamp totdat julle hulle weggedryf het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat julle al die swakkes met boud en blad wegstoot en met julle horings gaffel totdat julle hulle na buite verdryf het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want die vet skape en bokke het die maer skape en bokke weggestamp met hulle skouers en hulle lywe, hulle het die maer skape en bokke met hulle horings gestoot en weggejaag uit die trop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle vet skape het die ander skape weggestoot sodat hulle nie by goeie gras kon uitkom nie. Julle het die swak en die honger skape met julle horings weggedruk totdat hulle vandag gevangenes in ver en vreemde lande is.