Ezekiel 34:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat my kleinvee betref, hulle eet wat julle met julle voete getrap het; en hulle drink wat julle met julle voete besoedel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al wat vir my kudde oorgebly het, is wat julle vertrap het. Al wat hulle kon drink, is water wat julle vuil gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En moet my skape afwei wat met julle pote vertrap is, en drink wat met julle pote troebel gemaak is? |
| Afrikaans 1983 | My ander skape moes die gras vreet wat deur julle vertrap is en die water drink wat deur julle vuil gemaak is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat my kleinvee betref – hulle moet wei op wat julle vertrap het met julle pote, en hulle moet drink wat julle modderig gemaak het met julle pote. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My skape en bokke moes wei op die weiveld wat julle plat getrap het, hulle moes die water drink wat julle vuil gemaak het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al wat vir die res van die trop oorbly, is die gras wat julle vertrap het en die water wat julle vuil gemaak het. |