Ezekiel 34:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is dit vir julle 'n geringe ding om die goeie weiveld op te eet, maar julle moet die oorblyfsel van julle weiveld met julle voete vertrap? en van die diep waters gedrink het, maar julle moet die oorblyfsel met julle voete besoedel?
Afrikaans (NLV) 2011 Is dit nie genoeg dat julle die beste weiveld vir julleself gehou het nie? Moet julle nou ook die res vertrap? Is dit nie genoeg dat julle skoon water vir julleself gehou het nie? Moet julle nou ook die res met julle pote modderig maak?
Afrikaans 1933/1953 Is dit vir julle nie genoeg dat julle die goeie weiveld afwei nie? En moet julle die orige van jul weiveld met jul pote vertrap? En moet julle die helder water drink, terwyl julle die wat oorbly, met jul pote troebel maak?
Afrikaans 1983 Party van julle het die beste gras afgewei en boonop wat oorgebly het, vertrap. Julle het skoon water gedrink en wat oorgebly het, vuil gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is dit nie vir julle genoeg dat julle die goeie weiding afwei en dan die res van die weiding vertrap met julle pote, dat julle skoon water drink en dit wat oorbly, dan met julle pote modderig maak nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het op goeie weiveld gewei, maar julle was nie tevrede nie, julle het die weiveld plat getrap wat oorgebly het. Julle het skoon water gedrink en julle het die water vuil gemaak wat oorgebly het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Party van die skape en bokke was selfsugtig. Hulle het die beste gras afgevreet en die res van die gras vertrap. Daar was nie gras oor vir die ander skape nie. Of hulle het die beste water gedrink en dan in die water gespring sodat dit vol modder geword het. Die ander skape het dan nie lekker water gehad om te drink nie.