Ezekiel 34:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat julle betref, o my kudde, so sê die HERE HERE: Kyk, Ek oordeel tussen beeste en beeste, tussen die ramme en die bokke.
Afrikaans (NLV) 2011 “En wat julle betref, my kudde, my volk, so sê die oppermagtige Here: Ek oordeel regverdig tussen skaap en skaap, en tussen skaap en bok.
Afrikaans 1933/1953 En wat julle aangaan, my skape, so sê die Here HERE, kyk, Ek sal oordeel tussen skape en skape, die ramme en die bokramme.
Afrikaans 1983 “En wat julle betref, my kleinvee,” sê die Here my God, “Ek gaan regverdig oordeel tussen skaap en skaap en tussen skape en bokke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “En wat julle betref, my kleinvee,” so sê my Heer, die Here: “Kyk, Ek gaan regter wees tussen skaap en skaap, tussen skaapramme en bokramme.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “En julle, my eie trop skape en bokke, Ek sal nou die regter wees tussen die verskillende skape en tussen die skaap-ramme en bok-ramme.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is Ek, die Here, die God van Esegiël, wat vir die kleinvee wat aan My behoort, sê: “Julle is my volk. Ek sal sorg dat daar aan die skape en die bokke reg gedoen word. Ek sal hulle leer om mekaar reg te behandel. Ek sal ook nie meer die skape en die bokke tussen mekaar laat wei nie. Nee, hulle sal in twee troppe wei.