Ezekiel 34:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal my skape oppas en hulle laat lê, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek versorg self my skape en laat hulle in vrede lê en rus, sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal self my kleinvee se herder wees en hulle rustig laat lê en herkou,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek self sal my kleinvee laat wei; Ek self sal hulle laat lê en rus.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal self my skape en bokke se herder wees, en Ek sal hulle laat lê en rus nadat hulle genoeg geëet het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van nou af sal Ek self vir my skape sorg. Ek vertrou hulle nie meer aan enigiemand toe nie. My skape sal rustig wees. As hulle rus, sal niks hulle versteur nie.” Dit is die Here, die God van Esegiël, wat so sê. |