Ezekiel 34:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal hulle wei in 'n goeie weiveld, en op die hoë berge van Israel sal hulle kraal wees; daar sal hulle lê in 'n goeie weiveld, en in 'n vet weiveld sal hulle wei op die berge van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gee hulle goeie weiveld op die hoë heuwels van Israel. Hulle sal in groen weivelde lê en herkou, op goeie velde op die berge van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op 'n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op 'n goeie plek en wei in 'n geil weiveld op die berge van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal vir hulle sorg vir goeie weiding. Hulle sal wei op die hoë berge van Israel en rustig daar in die goeie weiveld lê en herkou. Hulle sal op geil veld wei daar in die berge van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In goeie weiding sal Ek hulle laat wei; op die berghoogtes van Israel sal hulle weiveld wees. Daar sal hulle in goeie weiding gaan lê; geil weiding sal hulle bewei op die berge van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal my skape en bokke laat wei op goeie weiveld. Die hoë berge van Israel sal hulle weiveld wees. My skape en bokke sal wei op die vrugbare weiveld op die berge van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, Ek loop voor die skape uit en bring hulle by die beste weiveld. Op die hoogste berge van Israel sal hulle die beste gras kry. En as hulle klaar gewei het, sal hulle veilig lê en rus. Want Ek is daar tussen hulle. Ek beskerm hulle. Ek gee vir my skape net die beste. |