Ezekiel 34:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle uit die volke uitlei en hulle uit die lande versamel en hulle na hulle land bring en hulle laat wei op die berge van Israel by die riviere en in al die bewoonde plekke van die land.
Afrikaans (NLV) 2011 Uit die nasies en lande waar hulle was, bring Ek hulle huis toe na hulle eie land. Ek laat hulle wei op die berge van Israel en in die klowe, op al die plekke waar mense lewe.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land.
Afrikaans 1983 Ek sal hulle tussen die ander volke uitbring, hulle bymekaarmaak uit die ander lande en hulle bring na hulle land toe. Ek sal hulle versorg op die berge van Israel, in die klowe, in al die woonplekke in die land.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Ek sal hulle uitlei tussen die volke, hulle bymekaarmaak uit ander lande en hulle na hulle grond bring. Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, by die stroombeddings, en by al die woonplekke in die land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal hulle uitbring tussen die volke, Ek sal hulle bymekaarmaak uit die ander lande, en Ek sal hulle na hulle eie land bring. Hulle sal wei op die berge van Israel, langs die waterstrome en oral waar daar mense kan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Ek sal hulle gaan soek en hulle veilig terugbring huis toe. Ek bring hulle terug na hulle eie land toe, na Israel. Ek gaan haal hulle tussen die ander volke uit waar hulle as gevangenes woon. Dan sal Ek vir hulle genoeg kos gee. Hulle sal op die heuwels wei en by die riviere water drink. Hulle sal veilig wees omdat daar oral mense sal wees wat hulle beskerm.