Ezekiel 34:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos 'n herder sy kudde opsoek op die dag dat hy tussen sy skape is wat verstrooi is; so sal Ek my skape opsoek en hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is in die bewolkte en donker dag.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal soos ’n herder wees wat na sy verstrooide kudde kyk. Ek sal my skape vind en red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is op daardie donker dag van oordeel.
Afrikaans 1933/1953 Soos 'n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid.
Afrikaans 1983 Soos 'n herder omsien na die kleinvee wat uit sy trop verstrooi raak, so sal Ek omsien na my kleinvee en hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is op daardie donker oordeelsdag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos 'n herder sy kudde opspoor op die dag wanneer hy tussen die verstrooide kleinvee is, so sal Ek my kleinvee opspoor. Ek sal hulle red uit elke plek waarheen hulle verstrooi is op 'n dag van wolke en diepe duisternis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Herder soek die skape en bokke wat wegraak uit sy trop. So sal Ek my skape en bokke soek en Ek sal hulle red uit al die plekke waarnatoe hulle moes gaan daardie dag toe die donker wolke gekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is van nou af die Skaapwagter wat vir hierdie trop skape sorg wat oor die hele wêreld rondloop. Ek sal hulle gaan soek en hulle red. Die dag toe dit bewolk was en die lug donker was, het baie van my skape verdwaal.