Ezekiel 34:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE HERE; Kyk, Ek het dit teen die herders; en Ek sal my kleinvee van hulle hand eis en hulle laat ophou om die kleinvee te wei; en die herders sal hulleself nie meer wei nie; want Ek sal my kleinvee uit hulle mond red, dat hulle vir hulle geen spys mag wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die oppermagtige Here: Ek beskou hierdie herders nou as my vyande, en Ek hou hulle verantwoordelik vir wat met my kudde gebeur. Ek neem hulle reg weg om die kudde te versorg, en ook hulle reg om vir hulleself te sorg. Ek red my skape uit hulle mond. Die skape sal nie langer hulle slagoffer wees nie.”
Afrikaans 1933/1953 So sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Ek gaan optree teen die herders: Ek eis my kleinvee van hulle terug, Ek maak 'n end daaraan dat hulle die kleinvee se herders is, hulle sal nie herders bly net om vir hulleself te sorg nie. Ek sal my kleinvee red en hulle nie deur die herders laat opeet nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so sê my Heer, die Here: “Dit is Ek teen die herders! Ek sal my kleinvee van hulle hand eis en 'n einde maak aan hulle herderskap oor kleinvee, sodat die herders nie langer aan hulleself weiding sal verskaf nie. Ek sal my kleinvee uit hulle monde ruk; my kleinvee sal nie meer vir hulle voedsel wees nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Nou sal Ek die herders se vyand wees. Ek sal my skape en bokke wegvat van die herders, hulle sal nie meer herders wees en net vir hulleself sorg nie. Ek sal my skape en bokke red sodat die herders hulle nie meer kan op-eet nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sê die Here, die God van Esegiël: “Julle is van nou af my vyande, skaapwagters! Ek hou julle verantwoordelik vir elke skaap. Julle sal vir My moet kom sê hoe dit met elke skaap gaan en wat van elke skaap geword het. En julle sal ook nie meer vir my skape kos gee nie, want Ek kan julle nie vertrou nie. Julle vat die kos vir julleself. Julle sal nie langer slag en eet soos julle wil nie. Ek red my skape uit julle hand.”