Ezekiel 33:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg om daarvan af te draai; as hy hom nie van sy weg bekeer nie, sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as jy hulle waarsku om om te draai en hulle weier om dit te doen, sal hulle doodgaan oor hulle sondes, maar jy sal nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer jy die goddelose waarsku oor sy optrede om hom daarvan te laat afsien, en hy sien nie daarvan af nie, dan sterf hy deur sy sonde en het jy jou eie lewe behou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jy egter 'n goddelose waarsku teen sy verkeerde pad, om daarvan terug te draai, en hy draai nie terug van sy pad nie – hy sal deur sy sondeskuld sterf; maar jy, jou eie lewe het jy dan gered. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar wanneer iemand verkeerd doen, en jy waarsku hom teen sy verkeerde lewe en jy sê vir hom hy moet ophou om verkeerd te lewe, maar hy doen dit nie, dan is dit daardie persoon se eie skuld dat hy sterf, jy sal onskuldig wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar as jy hulle waarsku en vir hulle sê wat Ek jou beveel en hulle hulle nie daaraan steur nie, sal hulle doodgemaak word. As hulle nie omdraai en agter My aanloop nadat jy hulle in my Naam gewaarsku het nie, sal Ek hulle straf. Maar jy sal nie gestraf word vir hulle dood nie, want jy het gedoen wat Ek jou beveel het. |