Ezekiel 33:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As Ek vir die goddelose sê: O goddelose, jy sal sekerlik sterwe; as jy nie spreek om die goddelose van sy weg te waarsku nie, sal daardie goddelose in sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
Afrikaans (NLV) 2011 As Ek sê dat bose mense sal sterf en jy waarsku hulle nie oor hulle optrede nie, sal hulle sterf oor hulle sondes, maar Ek hou jou verantwoordelik vir hulle dood.
Afrikaans 1933/1953 As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
Afrikaans 1983 Wanneer Ek van die goddelose sê dat hy sal sterwe, en jy praat nie en waarsku hom nie oor sy doen en late nie, sal hy deur sy sonde sterf, maar Ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer Ek vir 'n goddelose sê, ‘Goddelose mens, jy gaan beslis sterf,’ en jy praat nie om die goddelose teen sy pad te waarsku nie – hy, die goddelose, sal dan oor sy sondeskuld sterf; sy bloed sal Ek egter van jou hand eis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Ek vir iemand wat verkeerd doen, sê dat hy sal sterf, dit is seker, en jy praat nie en jy waarsku hom nie teen sy verkeerde lewe nie, dan is dit daardie persoon se eie skuld dat hy sterf. Maar Ek sal vir jóú straf oor sy dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gaan dalk vir jou sê dat daar mense is wat aanhou om slegte dinge te doen en dat Ek hulle daarvoor gaan straf. As jy hierdie mense nie waarsku dat hulle moet ophou met slegte dinge en goeie dinge moet begin doen nie, sal hulle doodgemaak word. Ek sal dit doen. Maar jy sal moet betaal omdat hulle dood is, want jy het nie jou werk gedoen nie.