Ezekiel 33:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as die wag die swaard sien kom en nie op die basuin blaas nie, en die volk nie gewaarsku word nie; as die swaard kom en iemand onder hulle wegneem, word hy in sy ongeregtigheid weggeneem; maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as die wag die vyand sien aankom en nie alarm maak nie, is hy verantwoordelik as mense sterf. Hulle sal doodgemaak word oor hulle eie sondes, maar Ek hou die wag verantwoordelik. |
| Afrikaans 1933/1953 | As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem 'n siel uit hulle weg -- dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis. |
| Afrikaans 1983 | Maar wanneer die wag die vyand sien aankom en nie die ramshoring blaas sodat die mense gewaarsku word nie, en die vyand kom en maak party van die land se mense dood, dan sterf dié mense wel deur hulle eie sonde, maar Ek sal van die wag rekenskap eis vir hulle dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Maar as die wag die swaard sien kom en hy blaas nie die ramshoring nie, en die volk word nie gewaarsku nie, en 'n swaard kom en neem 'n persoon uit hulle weg – hy is dan oor sy sondeskuld weggeneem; sy bloed sal Ek egter van die hand van die wag eis.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar wanneer die wag sien dat die vyande kom en hy blaas nie die ramshoring om die mense te waarsku nie, en die vyande kom en hulle maak iemand dood, dan sterf daardie persoon oor sy eie sonde. Maar Ek sal die wag straf omdat daardie persoon gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar sê nou die man wat aangestel is om op die uitkyk te wees vir vyande doen nie sy werk nie; sê nou hy sit en slaap; of hy loop rond en doen nie sy werk nie; die vyand val die land binne, maar die man waarsku nie sy volk nie, dan is hierdie man verantwoordelik as iemand deur die vyand doodgemaak word. Die mense wat doodgemaak word, gaan dood omdat Ek hulle vir hulle slegte dade straf. Maar hierdie man sal moet betaal vir die feit dat die mense dood is, want hy het nie sy werk gedoen nie. |