Ezekiel 33:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Elkeen dan wat die geluid van die basuin hoor en nie waarsku nie; as die swaard kom en hom wegneem, sal sy bloed op sy hoof wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As die mense wat die alarm hoor, hulle nie daaraan steur nie, is dit hulle eie skuld as hulle doodgemaak word.
Afrikaans 1933/1953 as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof.
Afrikaans 1983 en hulle hoor die ramshoring maar slaan nie ag op die waarskuwing nie, dan is hulle verantwoordelik vir hulle eie dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en iemand wat luister, hoor die geluid van die ramshoring, maar hy laat hom nie waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg – sy bloed sal op sy eie kop wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand die ramshoring hoor en hy doen niks, en die vyande kom en hulle maak hom dood, dan is dit sy eie skuld dat hy sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit nou gebeur dat die mense hoor dat die wag hulle waarsku, maar hulle doen niks daaraan nie, is dit hulle eie skuld as die vyand hulle kom doodmaak.