Ezekiel 33:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, jy is vir hulle soos 'n baie lieflike lied van een wat 'n aangename stem het en goed kan speel op 'n instrument; want hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy vermaak hulle soos iemand wat liefdesliedjies met ’n mooi stem sing of goeie musiek maak. Hulle hoor wat jy sê, maar doen dit nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, jy is vir hulle soos 'n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie. |
| Afrikaans 1983 | Jy is vir hulle maar net soos iemand wat met 'n mooi stem liedjies vol begeerte sing en die lier goed speel; hulle hoor wat jy sê, maar hulle doen niks van wat jy sê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, jy is vir hulle soos 'n hartstogtelike lied, 'n mooi klank, soos iemand wat mooi speel op snaarinstrumente: Hulle hoor jou woorde, maar om dit te doen, bestaan nie by hulle nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy is vir hulle soos iemand wat mooi sing, hy sing liedjies oor die liefde en hy speel op die lier. Hulle hoor wat jy sê, maar hulle doen dit nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle lag lekker oor alles wat jy oor hulle kwytraak. Jy is vir hulle soos iemand wat ’n mooi stem het en liefdesliedjies sing. Dis vir hulle mooi. En hulle klap vir jou hande. Maar hulle doen niks wat jy sê nie. Jy is maar net soos iemand wat mooi musiek op die een of ander instrument maak. Hulle hoor wat jy sê, maar dis by die een oor in en by die ander een uit. |