Ezekiel 33:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle kom na jou toe soos die volk kom, en hulle sit voor jou as my volk, en hulle hoor jou woorde, maar hulle sal dit nie doen nie; want met hul mond bewys hulle baie liefde, maar hul hart loop agter hul hebsug aan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle kom en luister ewe vroom na jou prediking, maar hulle doen nie wat Ek vir hulle sê nie. Met hulle monde bely hulle liefde, maar hulle harte is net agter geld aan.
Afrikaans 1933/1953 En hulle kom na jou toe soos 'n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan.
Afrikaans 1983 hulle kom na jou toe asof dit 'n volksoptog is, hulle gaan sit voor jou, hierdie volk van My, en hulle hoor wat jy sê, maar hulle doen nie wat jy sê nie. Al wat hulle doen, is om aan die begeertes toe te gee waaroor hulle gedurig praat; hulle is net uit op wins vir hulleself.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan kom hulle in skares by jou aan, en my volk gaan sit voor jou en hulle luister na jou woorde, maar hulle voer dit nie uit nie. Ja, met hulle monde doen hulle hartstogtelik mee, maar hulle harte is net agter hulle onregmatige wins aan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan kom hierdie volk van My almal na jou toe en hulle kom sit voor jou. Hulle luister na wat jy sê, maar hulle doen dit nie. Hulle sê met hulle mond dat hulle lief is vir jou, maar in hulle harte voel hulle anders, hulle soek die dinge wat die beste is vir hulleself.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan kom staan hulle voor jou. Hulle maak asof hulle belangstel in wat Ek vir hulle wil sê. Hulle maak of hulle luister as jy praat. Maar hulle stel nie vir een oomblik belang om te doen wat Ek vir hulle sê nie. Hulle praat asof hulle My liefhet. Maar kom Ek sê vir jou: hierdie volk is net vir een ding lief. Geld! Hulle hardloop net agter geld aan. Dis al waarin hulle belangstel.