Ezekiel 33:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook, jy mensekind, die kinders van jou volk praat nog steeds teen jou by die mure en in die deure van die huise, en spreek mekaar, elkeen met sy broer, en sê: Kom tog en luister wat is die woord wat van die HERE uitgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, jou mense praat agter jou rug. Hulle praat oor jou in hulle huise en by hulle deure. Hulle sê: ‘Kom, laat ons gekskeer! Kom ons gaan hoor wat die profeet ons vertel wat die Here sê!’
Afrikaans 1933/1953 En jy, mensekind, die kinders van jou volk wat oor jou gesels langs die mure en in die deure van die huise -- hulle spreek die een met die ander, elkeen met sy broer, en sê: Kom tog en hoor wat die woord is wat van die HERE uitgaan.
Afrikaans 1983 “Mens, die mense van jou volk praat oor jou oral langs die mure en by die ingange van die huise. Hulle sê vir mekaar: ‘Kom hoor watter boodskap daar van die Here af gekom het’,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En wat jou betref, mensekind, die mense van jou volk praat oor jou met mekaar, langs die mure en by die ingange na die huise. Die een praat met die ander, elkeen met sy volksgenoot, en sê, ‘Kom hoor wat is die woord wat van die Here uitgaan!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En jy, mens, jou mense praat oor jou oral langs die mure en by die deure van die huise. Hulle sê vir mekaar: ‘Kom ons gaan hoor watter boodskap die Here vir ons gestuur het.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, jou volk skinder oor jou agter jou rug. Hulle lag en spot met jou as jy dit nie sien nie. Hulle sê: ‘Kom ons skeer die gek met Esegiël! Kom ons maak of ons wil hoor wat sy God vir ons te sê het!’