Ezekiel 33:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As hy die swaard oor die land sien kom, hy op die basuin blaas en die volk waarsku;
Afrikaans (NLV) 2011 As hy die vyand sien aankom, maak hy alarm om die mense te waarsku.
Afrikaans 1933/1953 en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense --
Afrikaans 1983 en hy sien die vyand aankom en blaas die ramshoring en waarsku sy mense,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hy sien die swaard kom oor die land, hy blaas op die •ramshoring en waarsku die mense,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wat moet die wag dan doen? Wanneer hy sien die vyande kom om die land aan te val, dan moet hy die ramshoring blaas en hy moet die mense waarsku.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man wat waghou se werk is om die volk te waarsku as hy die vyand sien aankom. Hy gee ’n teken en dan weet die volk gevaar dreig.