Ezekiel 33:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal hulle weet dat Ek die HERE is, as Ek die land 'n woesteny gelê het vanweë al hulle gruwels wat hulle gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die dag as Ek die land verwoes het oor hulle walglike dade, sal hulle weet dat Ek die Here is.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal hulle weet dat Ek die HERE is, as Ek die land 'n wildernis en 'n woesteny maak oor al hul gruwels wat hulle bedryf het.
Afrikaans 1983 Wanneer Ek die land 'n verlate, verwoeste plek maak oor al die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het, sal hulle besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek die land 'n woesteny maak, 'n afgryslike plek, weens al die afstootlike dade wat hulle gepleeg het.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het dinge gedoen wat Ek haat. Daarom sal Ek die land verwoes sodat niemand daar kan woon nie. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie dag as Ek jou land in ’n bouvallige ruïne verander het, sal hulle weet dat Ek die Here is.