Ezekiel 33:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sal die land 'n woesteny maak, en die praal van sy sterkte sal ophou; en die berge van Israel sal 'n wildernis word, sodat niemand deurtrek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek vernietig die land en die mense se trots. Hulle mag sal gebreek word. Israel se berge sal verlate lê. Niemand sal daaroor trek nie.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal die land 'n wildernis en 'n woesteny maak, en aan sy trotse mag sal 'n einde kom; en die berge van Israel sal woes wees sonder dat iemand daar oorgaan.
Afrikaans 1983 Ek maak die land 'n verlate, verwoeste plek; Ek maak 'n einde aan die mag waarop hulle hulle beroem. Die berge van Israel sal verlate wees; niemand sal daar kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek maak die land 'n woesteny, 'n afgryslike plek; sy trotse krag sal tot 'n einde kom. Die berge van Israel sal verlate wees, sonder verbygangers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die land verwoes, daar sal niemand meer kan woon nie, daar sal niks oorbly van alles waarop hulle trots is en wat hulle beskerm nie. Niemand sal op die berge van Israel loop nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal julle land vernietig. Julle sal niks oorhê waarop julle trots kan wees nie. Julle het gedink julle is so sterk. Daarvan sal niks oorbly nie. Ek breek selfs jou berge af sodat niemand meer oor die berge hoef te trek nie. Jou land sal gelyk soos die see wees as Ek daarmee klaar is. Ek straf selfs jou land oor jou slegte dade.