Ezekiel 33:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sê so vir hulle: So spreek die HERE HERE; So waar as Ek leef, sekerlik sal die wat in die puinhope is, deur die swaard val, en hom wat in die oop veld is, sal Ek aan die diere gee om opgeëet te word, en die wat in die forte en in die spelonke is, sal deur die pes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: So seker as Ek leef, die mense wat tussen die puinhope leef, sal deur die swaard doodgemaak word. Dié wat in die oop veld bly, sal deur wilde diere doodgemaak word. Dié wat in forte en grotte wegkruip, sal van siekte doodgaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet jy vir hulle sê: So spreek die Here HERE: So waar as Ek leef, die wat in die puinhope is, sal gewis deur die swaard val; en hom wat op die oop veld is, gee Ek aan die wilde diere oor om opgeëet te word; en die wat in die vestings en in die spelonke is, sal deur die pes sterwe. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God: So seker as Ek leef, wie daar tussen die puinhope is, sal afgemaai word met die swaard; wie in die veld is, sal kos word vir die roofdiere; wie in die berge en grotte skuil, sal aan pes doodgaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So moet jy vir hulle sê, ‘So sê my Heer, die Here: “So seker as wat Ek leef, hulle wat by die puinhope is, deur die swaard sal hulle val; hy wat in die oop veld is, vir die roofdiere gee Ek hom, sodat hulle hom opvreet; hulle wat in bergvestings en grotte is, deur pessiekte sal hulle sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Die mense wat oorgebly het en wat daar tussen die hope klippe lewe, hulle sal in oorlog sterf. Ek gee die mense wat buite in die veld is, vir die wilde diere om op te vreet. En die mense wat wegkruip in die berge of in die grotte, sal van pes sterf. Dit is seker, so seker soos Ek lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê vir hierdie spul mense wat die Here, die God van Esegiël, van hulle dink: So seker as wat Ek leef, julle sal daar tussen julle stede wat net bouvalle is, doodgemaak word. Ek sorg dat julle in die oorlog doodgaan. As iemand in die oop veld bly, sal die wilde diere hom vang en opvreet. Daardie mense wat in grotte en ander veilige plekke probeer wegkruip, sal van siektes doodgaan. |