Ezekiel 33:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle staan op julle swaard, julle doen gruwels, en julle verontreinig elkeen sy naaste se vrou; en sal julle die land in besit neem?
Afrikaans (NLV) 2011 Julle is moordenaars, afgodsdienaars en egbrekers! Behoort die land aan julle gegee te word?
Afrikaans 1933/1953 Julle steun op jul swaard, julle doen gruwels en verontreinig elkeen die vrou van sy naaste -- en sal julle die land as besitting ontvang?
Afrikaans 1983 Julle staan met die swaard in die hand, julle doen afskuwelike dinge, julle onteer mekaar se vrouens, en julle wil die land as besitting hê?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle het op julle swaarde staatgemaak; julle het afstootlike dinge gedoen en julle het mekaar se vroue verontreinig. Sal julle die land besit?” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle wil al die probleme regmaak met die swaard, met oorlog, julle doen dinge wat Ek haat, julle maak mekaar se vroue onrein. Julle wil die land hê. Dink julle dit is reg? Nee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle is ’n klomp moordenaars! Julle buig voor afgode! Julle slaap by ander mans se vroue! Moet Ek dan nou hierdie land vir julle gee?