Ezekiel 33:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, sê vir hulle: So spreek die HERE HERE; Julle eet met die bloed en slaan julle oë op na julle drekgode en vergiet bloed; en sal julle die land in besit neem? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir die mense die oppermagtige Here sê: Julle eet vleis met bloed daarin, aanbid afgode en vermoor onskuldiges. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Julle eet vleis saam met die bloed en slaan julle oë op na jul drekgode en vergiet bloed -- en sal julle die land as besitting ontvang? |
| Afrikaans 1983 | Sê vir hulle: So sê die Here my God: Julle het aan heidense offermaaltye deelgeneem, julle het by julle afgode hulp gesoek, julle het bloed vergiet, en julle wil die land as besitting hê? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Julle eet vleis met die bloed nog daarin; julle kyk op na julle afgodsbeelde, en julle vergiet bloed. Sal julle die land besit? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is die Here, Hy wat Here is. Jy moet vir hulle sê dat Ek sê: Julle eet vleis wat nog vol bloed is, julle is lief vir julle afgode, julle vermoor mense. Dink julle Ek moet nou die land vir julle gee? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê vir hulle die Here, die God van Esegiël, sê: Julle hou aan om my voorskrifte te verwerp. Julle eet julle vleis op maniere wat Ek beveel het julle nie mag nie. Julle offer saam met die mense van ander nasies aan hulle afgode. En julle hardloop na die afgode toe as julle hulp nodig het. Julle maak mense dood wat onskuldig is. En nou eis julle dat Ek hierdie land vir julle moet gee? Julle wil my land vir julleself hê? |