Ezekiel 33:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, die wat in daardie puinhope van die land van Israel woon, spreek en sê: Abraham was een, en hy het die land geërf; maar ons is baie; die land word ons as erfdeel gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, die mense van Juda wat tussen die puinhope in die land Israel bly, sê: ‘Abraham was net een mens, en tog het hy die hele land gekry. Ons is baie. Die land behoort nou aan ons gegee te word!’
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, die bewoners van daardie puinhope in die land van Israel spreek en sê: Abraham was 'n eenling, en tog het hy die land as besitting ontvang; maar ons is baie; aan ons is die land as besitting gegee!
Afrikaans 1983 “Mens, dié wat daar tussen die puinhope in Israel woon, sê: ‘Abraham was net een mens, en hy het die land as besitting ontvang. Ons is baie; dié land is aan ons gegee as 'n besitting!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Mensekind, dié wat op daardie puinhope in die land Israel woon, sê, ‘Abraham was net een, en hy het die land in besit geneem. Ons is baie, en aan ons is die land gegee as eiendom.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, die mense wat daar tussen die hope klippe in die land Israel woon, sê: ‘Abraham was net een mens, en hy het die land gekry. Ons is baie mense, die Here sal die land vir ons gee.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, almal wat tussen die stede van Juda bly wat in puin lê, sê: ‘Die land is ons s’n. Abraham was net een mens, en die Here het die hele land vir hom gegee. Ons is tog baie meer as hy. Die land is nou ons eiendom!’