Ezekiel 33:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hand van die HERE was oor my in die aand, voordat die vrygeraakte gekom het; en hy het my mond oopgemaak totdat hy in die môre na my gekom het; en my mond het oopgegaan, en ek was nie meer stom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vorige aand het die Here aan my verskyn en my mond oopgemaak sodat ek kon praat toe die man die volgende oggend by my kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hand van die HERE was op my in die aand, voordat die vlugteling gekom het; en Hy het my mond geopen teen die tyd dat hy in die môre na my gekom het. So is dan my mond geopen, en ek was nie meer stom nie. |
| Afrikaans 1983 | Die mag van die Here het my in besit geneem die aand voor die ontsnapte gekom het. Die Here het my in staat gestel om weer te praat voordat die man die oggend by my gekom het. Die Here het my in staat gestel om weer te praat, ek was nie meer stom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hand van die Here was op my, die aand voor die een wat ontvlug het, daar opgedaag het; en Hy het my mond oopgemaak toe die man die oggend by my aankom. Hy het my mond oopgemaak en ek was nie meer stom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die aand voordat die persoon gekom het, het ek gevoel die Here sit sy hand op my. Ek kon toe nie praat nie. Maar toe die persoon die volgende oggend by my kom, het die Here my weer laat praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vorige aand het die Here Hom op ’n spesiale manier aan my bekendgemaak. Toe kon ek weer praat, want ek was mos vir ’n lang ruk stom. Toe hierdie man die volgende oggend by my aankom, kon ek met hom praat. |