Ezekiel 33:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die twaalfde jaar van ons ballingskap, in die tiende maand, op die vyfde dag van die maand, het een wat uit Jerusalem ontsnap het, na my gekom en gesê: Die stad is verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op 8 Januarie, in die twaalfde jaar van ons ballingskap, het ’n man wat uit Jerusalem ontsnap het, na my toe gekom en gesê: “Die stad het geval!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die twaalfde jaar van ons ballingskap, in die tiende maand op die vyfde van die maand, het 'n vlugteling uit Jerusalem na my gekom met die woorde: Die stad is ingeneem! |
| Afrikaans 1983 | Op die vyfde van die tiende maand, in die twaalfde jaar van ons ballingskap, het daar iemand by my aangekom wat uit Jerusalem ontsnap het en vir my gesê: “Die stad is ingeneem!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die twaalfde jaar van ons ballingskap, in die tiende maand, op die vyfde van die maand, het iemand wat uit Jerusalem ontvlug het, by my aangekom en gesê: “Die stad is verslaan!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was die twaalfde jaar nadat ons gevangenes geword het, in die tiende maand, op die vyfde dag van die maand. Iemand wat vry weggekom het uit Jerusalem, het vir my kom sê dat die vyande die stad oorwin het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die agtste Januarie 585 v.C., toe ons al twaalf jaar lank gevangenes in ’n vreemde land was, het ’n man by my aangekom. Hy het uit Jerusalem gevlug. Hy het kom sê: “Jerusalem het geval!” |