Ezekiel 33:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle sê: Die weg van die HERE is nie gelyk nie. O huis van Israel, Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense van Israel, julle sê: ‘Die Here tree nie regverdig op nie!’ Maar Ek oordeel elkeen van julle volgens sy of haar dade.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel! |
| Afrikaans 1983 | Julle sê: ‘Die Here tree nie reg op nie,’ Israel? Ek sal elke mens onder julle oordeel volgens sy doen en late.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle sê, ‘Die optrede van die Heer is onaanvaarbaar.’ Volgens elkeen se optrede sal Ek julle oordeel, huis van Israel. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Israel, sê julle Ek doen nie reg nie? Ek sal elkeen van julle oordeel oor wat hy doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En nou sê julle dat Ek nie reg doen nie? Dit terwyl Ek oor elke mens sal oordeel volgens wat hy gedoen het!” |