Ezekiel 33:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer die regverdige hom bekeer van sy geregtigheid en onreg doen, sal hy ook daardeur sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As mense wat regverdig is, wegdraai en die slegte begin doen, sal hulle doodgemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer 'n goeie mens sy goeie dade laat vaar en onreg pleeg, sterf hy oor die onreg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer 'n regverdige van sy geregtigheid afwyk en onreg doen, sal hy daardeur sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As iemand altyd reg gelewe het, maar hy hou dan op om reg te lewe en hy doen verkeerd, dan sal hy sterf omdat hy verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sê weer: slegte mense sal doodgemaak word oor die slegte dinge wat hulle doen. As mense wat die goeie doen, die slegte begin doen, sal hulle doodgemaak word. |