Ezekiel 33:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geen van sy sondes wat hy gedoen het, sal hom genoem word nie: hy het gedoen wat geoorloof en reg is; hy sal sekerlik lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sondes sal nie teen hulle gehou word nie. Hulle doen wat reg en goed is, en hulle sal verseker lewe.
Afrikaans 1933/1953 Al sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe.
Afrikaans 1983 Al die sonde wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy laat nou reg geskied en hy doen reg, en daarom sal hy in die lewe bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Geeneen van die sondes wat hy gedoen het, sal tot sy nadeel in herinnering geroep word nie. Wat reg en billik is, het hy gedoen; hy sal beslis bly leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal nie dink aan al die sonde wat hy gedoen het nie, Ek sal hom nie daaroor straf nie. Hy doen nou reg en hy lewe reg, daarom sal hy aanhou lewe, dit is seker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal hulle nie die slegte dinge wat hulle vroeër gedoen het, verwyt nie. Ek sal hulle nie daarvoor straf nie. Ek sal nooit eens weer dink aan die slegte wat hulle gedoen het nie, want hulle het nou begin doen wat goed en reg is. Daarom sal hulle vir seker lewe.